Toer saam met LiG

LIGTOERAug2015-bo-

In 2016 bied LiG drie toere vir ’n onvergeetlike geestelike ervaring en pelgrimsreis na Israel. Dit word spesiaal gemaak met musiekinsette en Woorduitleg. Ons program is beproef en geskoei op 15 jaar se toerervaring.

Kies uit een van hierdie drie toere:

1 Ons eerste toer duur van 21 tot 30 Mei 2016 – dit wil sê in die lente, wat die mooiste tyd van die jaar in Israel is. Koste: R 27 990. (Kliek hier om die toerprogram af te laai – 1,5Mb)

2 Die tweede toer is van 2 tot 11 Julie 2016 – tydens die skoolvakansie. Koste: R29 990. (Kliek hier om die toerprogram af te laai – 1,5Mb)

3 Die sakpas-toer is van 8 tot 15 September. Ons besoek met hierdie toer van die belangrikste Bybelse plekke. Koste: R22 000. (Kliek hier om die toerprogram af te laai – 1,4Mb)

Kliek hier om jou toer te bespreek of om met die toerleier, Marius Greeff te korrespondeer. Jy kan hom ook skakel by 082 936 3462 of 028 254 9602. (Inskrywings en deposito’s kan nou reeds gestuur word. ’n Beperkte aantal plekke is beskikbaar.)

LIGTOER-strip

‘n Reis in die voetspore van Jesus

Om Israel te kan besoek is vir baie Christene soos ’n droom wat waar geword het.

Plekke waarvan jy in die Bybel gelees het – dalk so lank terug soos jou Kinderbybel-dae – gaan jou nou omring: Dit is hiér waar Matteus 5 se beroemde bergpreek gelewer is; en hier het Jesus die brood vermeerder. Hier het Hy op die water geloop; daar onder sy kruis gesteier …

In Mei 2016 bied LiG aan lesers, oud en jonk, die geleentheid om hierdie land te besoek – soos dit die afgelope 15 jaar reeds elke jaar gebeur.

Ons gaan weer van die belang­rikste Bybelse plekke besoek: Van Betlehem in die suide, waar God se liefde letterlik vir ons grondgevat het toe Jesus gebore is, tot by die See van Galilea in die noorde, waar Hy sy dissipels geroep het en waar Hy talle wonderwerke in die omliggende dorpies gedoen het.

Natuurlik kom Jerusalem ook aan die beurt, en Golgota waar Jesus die hoogste prys vir ons verlossing betaal het.

Dit alles maak Israel vir gelowiges baie meer as net nóg ’n toeristebestemming. Dit is ook ’n pelgrimstog wat jou geloof in God en jou verhouding met Hom sal verdiep.

Nou gaan jy jou Bybel ook ánders begin lees. Nasaret, Kana, Jerigo, Kapernaum, die Jordaanrivier, die Olyfberg – en natuurlik die See van Galilea en Betlehem en Jerusalem – gaan deel word van jou lewensreis.

Ja, jy kan en gaan die Goddelike teenwoordigheid ook hier beleef. Dalk soos nog nooit tevore nie …